Jane Fonda

Jane Fonda
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Fonda in 2015 op die Cannes-rolprentfees.

Geboortenaam Jayne Seymour Fonda
Geboorte 21 Desember 1937 (1937-12-21)
New York-stad, New York, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise, skryfster, aktivis
Aktiewe jare 1959–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jane Fonda (geb. Jayne Seymour Fonda[1] op 21 Desember 1937) is ’n Amerikaanse aktrise, skryfster en politieke aktivis, asook ’n fiksheidsghoeroe en voormalige model. Sy het die Oscar al twee keer gewen en in 2014 het sy ’n prys vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf van die Amerikaanse Filminstituut ontvang.

Fonda het in 1960 haar verhoogdebuut gemaak in There Was a Little Girl, en vir haar spel is sy vir die eerste van twee Tony-pryse benoem. Later in dié jaar het sy haar rolprentdebuut gemaak in Tall Story. Sy het in die 1960's bekend geword danksy rolle in prente soos Period of Adjustment (1962), Sunday in New York (1963), Cat Ballou (1965), Barefoot in the Park (1967) en Barbarella (1968). Haar eerste benoeming vir ’n Oscar was vir die prent They Shoot Horses, Don't They? (1969), en daarna het nog ses benoemings gevolg. Sy het twee Oscars gewen: vir Klute (1971) en Coming Home (1978).

  1. Davidson, Bill (1990). Jane Fonda: An Intimate Biography. Dutton. p. 39. ISBN 978-0-525-24888-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search